Die Zeff ontmoeting

E-mail Print PDF

 

Zeffie, die padda uit Brakpan, het onlangs besluit om uit die daaglikse yuppie-gejaag te ontsnap in Gauteng. Ons storie begin met Zeffie wat deur my oop motorruit spring op die N1 snelweg oor Paasnaweek, waar ek rustig teen 15 km/h huiswaarts keer.

 

hoezit"Hi Jack! ... of nee jy kannie 'n Jack wees nie, jou vel is te wit, so jy's seker Klaas, maar anyhow, Hoezit?! My naam is Zefurious, of sommer Zeffie vir my pelle daar van Brakpan! Dis nogal 'n nice valley vir 'n serious misunderstood padda soos ekke, maar ek het nou genoeg gehad, so jy's vandag my ticket uit die plek uit terwyl ek werk aan n plan!"

Babbellende paddas uit District 9 is seker die gevolg van die illegal siggarette wat die tuimelende ekonomie almal forseer om te rook, en dis duidelik nie tobacco daarin nie! Terwyl ek nog dink aan n moontlike verduideliking vir die dierrasie kan ek uit die hoek van my oog sien hoe Zeffie begin tik op sy sellfoon, en kannie help as om te vra "Zeffie se jy! Nie net praat jy nie, maar nou tik jy wragtag ook nog op n foon! Jy's duidelike geen normale padda nie"

"So 15 jaar gelede was daar n disturbance in die force gewees en die water en lug en toestande in die valley het begin verander. Eers het almal gedink die nuwe kleure van die rainbow nation is cool want daar was human rights, children rights en animal rights. Na die eerste 7 jaar van veranderings het paddas begin vergeet van hulle kultuur en doel in die natuur, en paddas het begin leer lees en skryf. So 'n paar maande gelede het ek die blackberry langs n mugging victim opgetel in die squatter kamp langs Brakpan, en dis waar ek, Zeffie, die Internet ondek het vir die eerste keer." Die ou gaan toe aan-en-aan oor hoe fantasties die Internet is en hoe hy beplan om dit te gebruik vir die bevordering van die sy politiese groep PUB (Paddas uit Brakpan), sodra hy die geld bymekaar gekry het vir die bou van 'n webwerf. Dis net toe hy my begin vertel van die 'Cash-in-transit heist' gedeelte van sy plan wat ek voel ek hom in die rede moet val "Hou vas, hoekom sou jy 'n bank wil beroof vir die bou van jou webwerf?"

"Wel my ou dis nie net sommer enige spoeg-en-plak website nie, die ding moet kan newsletters uitstuur, forms kan invul en dit moet op sellfone en rekenaars geview kan word ... nogals 'n complicated affair en nie cheap nie, ons is oor die R5 000 ge-quote vir die bou van so 'n website, en daai is serious big bucks vir 'n struggeling padda!"

"Wel, dalk kan ons julle paddas help met 'n bekostigbare webwerf teen die helfte van die prys. Dis wat ons by ActionOnline doen ... bekostigbare en funksionele webwerwe met Joomla wat jou toelaat om jou eie webwerf te bou en bestuur ..." maar voordat ek verder kan gaan val die padda my in die rede met "Ja cool en als, maar kan ek dit view vanaf die blackberry foon en sal ek kan picture galleries, newsletters en al daai features he op die website ..." Nadat ek Zeffie verseker het ons sal werk maak van 'n uiteengesette plan vir 'n webwerf wat elke padda se sak en doen sal pas, begin hy babbel oor 'n tweede problem en rede vir sy beplande cash heist ...

"Die identity fraud scheme wat ons paddas gebruik om airtime te kry vir ons Internet connections is besig om uit te droog 'cause of some RICA scheme. Nou raak airtime bloody duur want hoe meer jy surf en werk en betoog, hoe meer moet jy dollars hoes! Ons het nou al gedink om 'n gewapende taakmag van paddas op te stel om juis die probleem van kontant vloei op te los ..."

click-oplossingVoordat ek my ore verder uitleen aan die details van sy beplande aanval op die samelewing stop ek kort met "Bloody hell!! Wag 'n bietjie, daar sal 'n ander oplossing kan wees vir julle steigende internet kostes en limited connectivity, wat nie ninja-paddas met AK47 gewere insluit nie! ...." Dis 900 kilometer vanaf Johannesburg na die klein dorpie in die berge van die Oos Kaap waar ek bly, en in daai 9 lange ure het ek en Zeffie, my nuwe maaitjie, begin dink aan 'n plan van verlossing vir sy volk en nasie.

 

Promotions

banner1

 

cooler

odesk-developer-certified
odesk-programmer-certified

NEED A WEBSITE?

waitingboyDo you want to save costs and help with the developing of your website?

Do you want to manage your website after its been built?

Or do you want us to develop your website and manage it for you? Either way, we have something inside to show ... click here when you're ready

EXPERIENCING DIFFICULTIES

PC_doctor_hg_clrDoes your PC need some attention?

Do you have problems on your network?

Give us a call and talk to us about your problems. If you have Skype, use the green icon on the top right of the website